• 4 Vark filette skoongemaak
  • 100g feta kaas
  • 1 pakkie dadels
  • 1 rooi ui
  • Sout en peper
  • Tinfoelie
  • 4 groot soet patat
  • 50gr botter
  • 2 bossies Chinese kool
  • 1 pakkie fyn boontjies
  • 1 pakkie sprietuie

Metode

  1. Week die dadels in warm water totdat sag is.
  2. Braai die ui in n pan totdat lekker sag is en voeg dan die sagte dadels by.
  3. Laat toe om effens te rus en dan krummel die feta kaas in. Meng alles saam en geur met sout en peper.
  4. Kap die vark filette plat en plaas dit langs mekaar op die foelie. Sit die dadel mengsel boop en rol dit toe. Maak dit stewig toe met die foelie, amper soos n cracker.
  5. In n groot kastrol kook water en posjeer dan die rol vir so 10 min totdat effens gaar is.
  6. Haal uit en laat afkoel.
  7. Kook die soet patat in sy skil totdat sag is. Verwyder dit uit die water en haal die skil af.
  8. Gooi die botter in dieselfde pot en mash die soet patat. Roer braai die Chinese kool, sprietuie en fyn boontjies.
  9. Sny die vark rol in skywe en braai liggies af met botter. Bedien boop die groente en soet patat.
Print Friendly