• 4 x lang lyn stokvis filette
  • 200gr x afgedopte amandels
  • 80gr x pepperdews
  • 1 x suurlemoen se skil gerasper
  • Growwe peper en sout
  • 1 x eiergeel
  • 1 x bakkie brokkolie
  • 1 x mange tout ertjies
  • 1 x bossie spinasie
  • 1 x pakkie murg pampoentjies
  • 1 x koppie gevriesde ertjies
  • 5x blaartjie vars kruisement
  • 10 gr botter
  • 125ml room kaas
  • 1 bossie finkel/dill
  • 25 ml Wasabi mayo

Metode

  1. Plaas die afgedopte amandels, pepperdews, eiergeel en suurlemoenskil in n voedselverwerker. Blits hom totdat die krummelrig voorkom.
  2. Plaas die stokvis filette op n bakplaat met olyfolie gesmeer en gooi sout en peper op.
  3. Smeer die amandel mengsel boop en kry die oond solank lekker warm deur die grill aan te sit.
  4. Wag eers met die vis. Oorgaar vis is nie lekker nie.
  5. In n medium grootte pot kook water met genoeg sout in. Blansjeer al die groente.
  6. Wanneer die groente uit is plaas die vis in die oond.
  7. In ‘n groot pan verhit die botter en maak die groente lekker warm. Teen die tyd dat die groente warm is behoort die vis gaar te wees.
  8. Plaas die vis boop die groente en bedien met die yoghurt mayo sousie
Print Friendly