(4 mense)

  • 3 x suurlemoene
  • 1 x rissie
  • 200gr salm
  • 1 x lae vet yoghurt
  • 1 x grass uie
  • 1 x houer mikro kruie
  • 50ml x mayo
  • 5ml Wasabi
  • Geroosterde sesame sade
  • 1 x pakkie watercress
  • 1 x komkommer
  • 10 x kappertjie saad

 

Metode:

  1. Ontbeen die salm en verwyder die vel. Sny in dun skyfies teen die grein en plaas in n bak om te marineer.
  2. Rasper een suurlemoen skil op die fynste rasper en druk die sap van nog 2 uit. Ontpit die rissie, kap fyn en meng dan ook by die suurlemoen mengsel. Marineer die salm skyfies in die suurlemoen mengsel vir so 1 uur.
  3. Kook die yoghurt in n potjie met n knippie sout en n paar druppels suurlemoen sap. Wanneer dit begin skei plaas dit in n doek oor n sif en laat die waterige gedeelte afloop. Wanneer dit goed gedreineer is, kap die grasuie op en geur met sout en swart peper.
  4. Meng die mayo met Wasabi en sesame saad na smaak. (of koop AB Product se Wasabi en Sesame Mayo)
  5. Verwyder salm van suurlemoen marinade en bedien saam met yoghurt labne, slaai en mayonnaise.
Print Friendly