(4mense)

  • 400gr x mooi sirloin
  • 100gr botter
  • 1 bondel spriet uie
  • See sout en growwe peper
  • 20ml Groen peper stroop
  • 5ml x groen peper korrels
  • 5ml x bief aftreksel
  • 250ml x vars room
  • 200gr butternut
  • 200gr aartappel
  • 200gr celeriac
  • 1 pak gemengde slaai blare
  • 3 murg pampoentjies
  • 1 x avokado
  • 1 x kiwi vrug

 

Metode:

  1. Skil en berei die butternut, aartappel en celeriac voor deur dit in min of meer ewe groot stukke te sny.
  2. Braai dit in n pan eers teen hoë hitte om dit kleur te gee en dan later bedek teen n laer hitte om dit gaar te maak. Geur met sout en peper.
  3. Berei solank die garneer slaaitjie voor met die blare, kiwi, avo en murgpampoentjies.
  4. Braai nou die spriet uie in n pan met botter af totdat dit sag is en voeg dan die groen peper korrels, bief aftreksel, swart peper en groen peper stroop by. Verhit alles in die pan en voeg laaste die room by. Laat dit effens afkook om die sous te maak.
  5. Braai die lende skyf in n pan of oor die kole totdat dit na jou smaak gaar is, bedien met die butternut gebraai, slaaitjie en peper sous.
Print Friendly