(4 mense)

  • 4 x hoender borsies teen die grein in skyfies gesny.
  • 5g komyn saad
  • 5g koljander saad
  • 5g paprika
  • 2gr kaneel
  • 2gr neut muskaat
  • 2gr gemmer
  • 2gr cayenne peper (optioneel)
  • 100ml olyf olie
  • 20ml AB Products Sweet Fire rissie sous (optioneel)
  • Pita broodjies
  • 1 houer kersie tamaties
  • 1 groot rooi ui
  • 1 x komkommer
  • 1 x knoffel huisie
  • 1 x 250ml vol room yoghurt
  • 5 x blaartjie kruisement
  • 1 x pakkie wilde rocket slaai

 

Metode:

  1. Meng die droë bestanddele saam en geur die hoender skyfies daarmee.
  2. Braai die hoender in olyfolie op hoë hitte af totdat dit gaar is en voeg dan die rissie sous by.
  3. Rasper die komkommer en druk die water uit totdat dit effens droog voorkom. Meng die komkommer met fyn gekapte knoffel, kruisement en volroom yoghurt.
  4. Kap die tamatie en rooi uie saam om ‘n tamatie slaai te maak.
  5. Maak die pita broodjies deur hulle in die helfte te sny en dan die holte te vul met rocket, dan hoender, tamatie slaai en tzatziki (yoghurt mengsel)
Print Friendly