• 1 koppie meel
  • 4  heel eiers
  • 25ml kook olie
  • sout en water
  • 100gr goeie gehalte sjokolade
  • 100ml kaneel stroop
  • 50gr botter
  • 150ml geklopte room
  • 150ml Dubbel vet jogurt
  • 4 rooi vye
  • Vars kruisement

Metode

  1. Maak die pannekoek beslag en maak die pannekoeke so dun as moontlik
  2. Wanner die pannekoeke klaar is plaas n stukkie sjokolade in en vou dit in drie hoekies
  3. In ‘n groot pan gooi die kaneel stroop en botter en smelt saam.
  4. Plaas die pannekoek binne in en laat liggies prut.
  5. Meng die geklopte room en dubbel jogurt saam. Sny die vye in kwarte.
  6. Bedien met lekker klont geklopte room, kruisement en vars vye.
Print Friendly