• 7-8 eier gele
  • 650ml room
  • 20gr wit suiker
  • 50ml Hazelnut stroop
  • Gemengde vars bessies
  • 250gr wit suiker vir garnering

 

Metode:

  1. Kook die room met die suiker en Hazelnut stroop.
  2. Sodra dit net gekook het giet dit oor die eier gele terwyl daar geroer word.
  3. Gooi so helfte van die warm room oor die eiers en plaas dan die room weer op die hitte om dit na kookpunt te bring.
  4. Sodra dit weer kook gooi nou die eier/room mengsel in die potjie en hou oor die hitte vir 20 sekondes terwyl daar aanhoudend geroer word. Dit moet nie te warm word nie anders sal dit skif.
  5. Giet die gaar mengsel nou in klein ramekin bakkies en laat dit oornag afkoel in die yskas.
  6. Om te bedien kan jy eenvoudig suiker bo-oor strooi en met n blaas vlammetjie die suiker smelt. Bedien met vars bessies en suiker garnering. (as jy kans sien)
Print Friendly