• 1 groot wiel brie kaas
  • 2 pakkies ryp Bella Rosa kersie tamaties
  • 1 groot rooi uie
  • 1 knoffel huisie
  • 20gr wit suiker
  • 4 takkies vars basilikum kruid
  • 100ml Wit balsamies asyn
  • 100ml Goeie Suid Afrikaanse olyfolie
  • Growwe sout en swart peper
  • 150gr gemengde neute
  • 1 pak gemengde kruie
  • 1 tuisgebakte suurdeeg ciabata
  • 10ml Balsamies aftreksel

 

Metode:

  1. Plaas die brie kaas op n opdien bord effens met olyfolie gesmeer en sit dit in die oond teen 90C.
  2. In n groot pan verhit die olyfolie en braai die rooi uie, knoffel en kersie tamaties af totdat effens gekaramelliseerd.
  3. Voeg nou die suiker by en laat toe om nog effens te braai.
  4. Gooi die asyn in die pan en laat toe om amper heeltemal te verdamp.
  5. Verwyder die mengsel en gooi die olyf olie by.
  6. Wanneer dit heeltemal afgekoel het meng die fyngekapte basilikum by en geur met sout en peper.
  7. Neem n skoon pan en sonder olie roerbraai die neute met growwe sout.
  8. Verwyder die brie kaas van die oond, dress hom met die tamatie anti-pasta, neute en vars kruie. Bedien bet gesnyde suurdeeg brood.
Print Friendly